Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie,

o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.

Psalm 71:18

ONS WONING PETRUSBURG

Ons Woning Sentrum vir Bejaardes in Petrusburg is geleë op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley. Hier word inwoners met baie liefde en toewyding versorg. Ons het geregistreerde verpleegkundiges aan diens en kan selfs persone met demensie of Alzheimer's versorg.

Hier is ʼn sterk agri-gemeenskap en met die oop blou lug en grasbedekte vlaktes sal jy voorwaar rustigheid ervaar. Ons glo dat die mens geskep is na die beeld van God. Hy het die reg om waardig te lewe en te sterwe. Die bejaarde word nie bejeën as ʼn afgeleefde wese wie se lewensdoel uitgespeel is nie.

AKKOMMODASIE

DIENSTE

  • Medikasie hantering aan inwoners in sentrum
  • Gebalanseerde etes drie maal per dag met koffie/tee tye
  • Wasgoed diens en skoonmaakdiens vir kamers in sentrum
  • Nuut opgegradeerde badkamers.
    Verhitting in kamers.
  • CCTV kameras en noodknoppies.
  • Kragopwekker vir kragonderbrekings
  • Haarkapper
  • Snoepwinke
  • Biblioteek
  • Oefeninge onder toesig.
  • Aandgodsdiens en Bybelstudiegroep.
  • Brei, hekel en naaldwerk klub.
  • Verskeie bordspeletjies dae.
  • Daar is ook Vrydae ʼn rygeleentheid dorp toe vir inwoners om aankope te kan doen.
parallax background